Call Us on (015) 534 2006

 

Boedel Wyle Thomas Langley

VEILING : WATERPOORT

Opgedra sal ek verkoop op te die plaas Ringer (sien Ligging) op Saterdag 9 Maart 2019 om 10:00 as volg:

TREKKER & IMPLEMENTE
Massey Ferguson 268 Extra-trekker in puik toestand ● Tecnoma Primatec-gifspuit ● gras-/lusernhark

MEUBELS
Swarthout rondetafel met 10 riempie stoele ● 2 swarthout bedieners ● Edwardiaanse stoel ● boekrak ● Gilde Louis-styl armstoel ● Edwardiaan ovaal kabinet met spieëls ● Edwardiaan bank met Gabriël pote en bypassende Ottoman ● Slaapkamerstel van ‘Birds Eye Maple’ ● 2 Imbuia bal-en-klou sitkamerstelle ● groot kiaat lessenaar met 10 laaie ● Imbuia hangkas ● hout bababed ● enkelbeddens ● rotangstoele ● houtstoele ● hout teetrollie ● boekrakke ● hoeveelheid ander meubel items

ALGEMEEN
Ellis Du Lux-koolstoof ● Egte silwer kerskandelare ● rare muntversameling van generaals uit Ango Boere oorlog ● geweerkluis ● yskas ● yskas/vrieskas-kombinasie ● vleissaag ● ornamente ● skilderye ● kombuistoerusting ● melkkanne  ●  waaiers  ● ens

AFSLAERSNOTA
Dié tipe meubels kom baie selde op ‘n veiling en kan sterk aanbeveel word. Bring asseblief arbeid om te help laai na afloop van die veiling. Besigtig ons web www.jackklaff.co.za vir foto’s en meer besonderhede.

VERKOOPSVOORWAARDES
Volle betaling van alle items direk na afloop van die veiling per internet. Geen kontant op die eiendom nie. Geen item word verwyder sonder bewys van betaling nie. BTW is betaalbaar op sommige items. 5% koperskommissie plus BTW. Die Verkoper het die reg om die items voor of tydens die veiling te onttrek.

VERBRUIKERSBESKERMINGSWET 68 VAN 2008
Kopers moet registreer. Id dokument, verbruikersrekening, maatskappy besluit, word benodig vir FICA doeleindes. Geen Fica, geen bod. Die Afslaer en die eienaar het die reg om op die veiling te bie. Regulasies in terme van bogemelde wet beskikbaar op www.jackklaff.co.za. Hierdie advertensie voldoen aan Artikel 45 van Wet 68/2008.

BESIGTIGING
Oggend van die veiling.

LIGGING
Vanaf Alldays, volg die pad na Vivo vir ± 15km.  Draai links na Waterpoort. Hou reguit aan vir ± 29km. Plaas op regterkant. Volg Jack Klaff wegwysers.

Vanaf Waterpoort, volg die pad vir 2km na Alldays tot by die T-aansluiting. Hou reguit aan op daardie pad vir ±24km. Plaas aan linkerkant. Volg Jack Klaff wegwysers.

NAVRAE
Jack Klaff : 082 808 2471
Hansie Taute: 0824574172

Contact:

Jack Klaff
t: 082 808 2471

Hansie Taute
t:
082 457 4172

Address:

Waterpoort

Waterpoort

Contact Us